Oudleerlinge

Die bestuur van die Augsburg Oudstudentebond, onder voorsitterskap van Jacques de Beer (076 817 6148), is tans besig om die selnommers en/of epos adresse van alle oud-leerlinge van Hoër Landbouskool Augsburg, Hoërskool Clanwilliam en Augsburg Landbougimnasium te soek.

Die bestuur beoog om op ‘n gereelde basis ‘n kort nuusbriefie per epos uit te stuur. Geen ledegeld is betaalbaar nie.

Indien jy dalk een of meer van jou klasmaats se selnommers het, kontak tannie Salomé Burden by
083 232 6867 of
salomeburden53@gmail.com

Jy is ook welkom om die volgende skakel te gebruik om jou nuutste kontakbesonderhede in te vul en te kies of jy verdere kommunikasie wil ontvang: