• Tuis
  • Wat doen ons?
    • Akademie
    • Sport
    • Landbou
    • Kultuur
  • Ons Wenspan
    • Personeel
    • Beheerliggaam
    • Leerlingraad
    • Oudleerlinge
  • Wat gons?
  • Word deel
    • Vorms
    • Finansies
  • Die Augsburger
Menu
  • Tuis
  • Wat doen ons?
    • Akademie
    • Sport
    • Landbou
    • Kultuur
  • Ons Wenspan
    • Personeel
    • Beheerliggaam
    • Leerlingraad
    • Oudleerlinge
  • Wat gons?
  • Word deel
    • Vorms
    • Finansies
  • Die Augsburger
Facebook-f Instagram Youtube

Jou kind,
ons trots

Dapperheid
Respek
Eerbaarheid
Deernis
Selfstandigheid

Wat doen ons?

AKADEMIE

SPORT

LANDBOU

KULTUUR

Ons Wenspan

Personeel

Beheerliggaam

Leerlingraad

Oudleerlinge

Wat Gons?

Facebook

Kalender

Instagram

MIXED SEVENS NETBALL: Hier by Augsburg maak ons ty MIXED SEVENS NETBALL: Hier by Augsburg maak ons tyd vir pret ook.  Woensdagaand het die Hoërskool-leerders hul vaardighede op die netbalbaan gaan beproef.  Die Matriek-afskeidskomitee het 'n baie suksesvolle "Mixed Sevens"-toernooi aangebied. 

Die spanne wat in die finaal gespeel het, was
"Team Hoogtes" en "Mavericks". Team Hoogtes wen met 'n oortuigende 16-9.
 
Die beste dogtersspeler en seunsspeler van die aand was Luchane  Matthews  en Yudin Marcus. Baie geluk aan die "Beach warriors" wat weggestap het met die geesbeker.

Sonder borge is sulke geleenthede nie altyd moontlik nie.  Baie dankie aan De Kelder Restuarant, Trekkers en Meer  en Clanwilliam Superspar vir jul ruim bydrae tot 'n suksesvolle aand.

#AugsburgDisWaarEkWilWees 
#Karookoptrots
☆Rocco van Rooyen is a South African athlete spe ☆Rocco van Rooyen is a South African athlete specialising in the javelin throw. He competed at the 2015 World Championships in Beijing and competed in the men's javelin throw at the 2020 Summer Olympics. His personal best in the event is 85.39 metres set in Cape Town in 2015. Rocco van Rooyen is also a contestant from Survivor South Africa: Island of Secrets.☆

Vandag was die voorreg Augsburg s'n om die stem van hierdie pragtige jongman te hoor. Rocco van Rooyen is die ambassadeur vir #chooselife. Hierdie organisasie spits hulle toe om die geestesgesondheid van jongmense te verbeter.  Rocco, Pieter Smith (pastorale berader) en Gina Little (psigiatriese suster) besoek skole om kinders bewus te maak van hulle stem, 'n stem wat gehoor moet word. Deur hulle motiveringspraatjies motiveer hulle kinders om hulp te vra, vir mekaar om te gee en te luister na ander wat hulp nodig het.

Rocco het sy lewensverhaal met die leerders en ouers gedeel.  Sy Christenskap is vir hom baie belangrik en hy lewe dit elke dag ten volle uit. Baie dankie, Rocco. Jou lewe is vir almal 'n voorbeeld van 'n stem wat vir seker gehoor moet word! 

Baie dankie aan Zelda Louw (ouer en lid van die beheerliggaam) wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het.  Ons waardeer jou baie!

#chooselife
#roccovanrooyen
Enige ouer of belangstellende is welkom om saam me Enige ouer of belangstellende is welkom om saam met die Hoërskool-leerders hierdie geleentheid te kom bywoon. Sien julle daar!
Vandag is dit ons beurt om DANKIE te sê. Jaarli Vandag is dit ons beurt om DANKIE te sê. 

Jaarliks kry Augsburg se leerders die geleentheid om Augsburg Boerdery se druiwe te pars. Hierdie tradisie is een van die hoogtepunte op ons kalender.

Oud-leerder David Nieuwoudt van Cederberg Wyne, het besluit om hierdie tradisie nog groter te maak deur Karookop wyne te produseer van hierdie druiwe wat ons leerders self gepars het, by sy kelder te Dwarsrivier, huis van Cederberg Wyne. Daar is Chardonnay en Pinotage beskikbaar onder hierdie handelsmerk.  David se idee was dat oud-leerders, vriende en familie regoor die wêreld hierdie wyn saam met ons kan geniet.

Dankie David en Cederberg Wyne vir hierdie mooi gebaar.  Dankie dat julle die wyne gratis vir die skool produseer, bottelleer en bemark. Ons waardering is baie groot. Ons sien uit om nog 'n lang pad met Cederberg Wyne te loop. 

#handpickedandcaredforbyourownstudents 
#Karookoptrots 
#cederbergwine
RUGBY: Baie geluk aan die volgende vier seuns wa RUGBY:  Baie geluk aan die volgende vier  seuns wat amptelik opgeneem is in die onderskeie o/18-Bolandspanne:

V.l.n.r:  Jean Swart ( Boland XV-tal), Yudin Marcus, Grachiël Jonkers, Evan Nel ( al drie Boland Akademiespan)

Ons is baie trots op julle!
Tyd wag vir niemand nie. Knopknie-rugbyspelertjies Tyd wag vir niemand nie. Knopknie-rugbyspelertjies word prinse en haasbek-dogtertjies word prinsesse. Donderdagaand het tyd wel stilgestaan vir 'n uur of twee met die kroning van Mnr. en Mej. Augsburg. Die "glitz and glamour" het almal se oë laat blink en tyd het ons teruggevat na die era van die "Great Gatsby."

Aan die einde van die aand is 'n paar welverdiende pryse uitgedeel:

Mnr. & Mej. Fotogenies: Stef Geldenhuys en Anneli Mouton.
Mnr. & Mej. Persoonlikheid: André Vermeulen en Anneli du Plessis.
Mnr. & Mej. "Public cutie": Marvin Phiegeland & Luchané Mathews
2de Prins & 2de Prinses: Marvin Phiegeland en Anneli du Plessis
1ste Prins en 1ste Prinses:  Samuel Hanekom en Luchané Mathews

En dan was daar die grote van die aand:
MNR. EN MEJ. AUGSBURG 2022
JEAN SWART EN RONÉ HUISAMEN!

Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.  Elkeen van julle was 'n wenner want wenners het waagmoed om op 'n verhoog te klim en te "shine like a diamond"!

Hou hierdie spasie dop vir 'n volledige album van die aand se foto's.

#Karookoptrots 
#AugsburgDisWaarEkWilWees
NETBAL: Baie geluk aan Emma Kordom wat gekies is NETBAL:  Baie geluk aan Emma Kordom wat gekies is vir die Weskaap O/17-skolespan. Haar span, die Willows, gaan speel by die SA Skole Netbaltoernooi van 10 - 15 Julie 2022, te Witbank.
Emma, Augsburg is baie trots op jou!
#AugsburgDisWaarEkWilWees 
#karookoptrots
Huis Awie vd Merwe se "Touchie"- Liga het afgeskop Huis Awie vd Merwe se "Touchie"- Liga het afgeskop met 14 spanne in die eerste rondte. 

Seuns is opgedeel in spanne wat bestaan uit een leerder van elke graad 8 tot 12. 

Die volgende rondte sal plaasvind Woensdag 4 Mei plaasvind.
RUGBY EN NETBAL: Ons is terug! Kom ondersteun geru RUGBY EN NETBAL: Ons is terug!
Kom ondersteun gerus Saterdag (23 April 2022) ons Hoërskool rugby- en netbalspanne wanneer hulle teen Hoërskool Dirkie Uys te staan kom, hier op Jan Mostertpark, Clanwilliam! Wedstryde begin om 9:00
It's good to be back!
NETBAL: Die O/19a-span is steeds besig met 'n afri NETBAL: Die O/19a-span is steeds besig met 'n afrigtingskurses by Sun City. Dorette Badenhorst, afrigter van die Protea-span, bied hierdie leersame kursus aan. Die meisies werk hard maar gelukkig bly die pret nie agterweë nie.
RUGBY: Baie geluk aan die O/19A-rugbyspan wat vir RUGBY:  Baie geluk aan die O/19A-rugbyspan wat vir Milnerton 10  5  en Hermanus 15  0 gewen het by Boland Landbou se sportdag. Welgedaan manne! Ons kan nie wag om julle weer in aksie te sien nie.

#Karookoptrots #AugsburgRugby #AugsburgDisWaarEkWilWees
Landbou- Augsburg se graad 10's het hierdie week w Landbou- Augsburg se graad 10's het hierdie week waardevolle praktiese opleiding gekry oor winsgewende wingerdboerdery, bemesting, besproeiing en rooibosproduksie. Dankie aan Augsburg se voorman, Johan Serdyn, wat baie moeite gedoen het om te help met hierdie waardevolle opleiding. 

Augsburg het geen tekort aan jong, kundige, personeel nie!

#Karookoptrots #Pinotage #Vinpro
#OnsIsLandbouSeToekoms 
#ForTheLoveOfAgriculture #Rooibos
Follow on Instagram

Word Deel

Laai jou inskrywingsvorms af, voltooi dit en stuur aan admin@agbl.co.za

Augsburg Forms

Vorms

EPOS ADRES
admin@agbl.co.za

TELEFOON NOMMER
027 482-2120

ADRES
Augsburg Landbougimnasium President Brandstraat
Clanwilliam 8135

Facebook-f Instagram Youtube

Kontaknommers

  • Tel: 027 482 2120 / 2
  • Faks: 027 482-1850
  • Opsigter (Robin Jonkers): 084 299 6470

E-Pos Adresse

  • Skoolhoof : hoof@agbl.co.za
  • Adjunkhoof : adjunk@agbl.co.za
  • Sekretaresse : lbasson@agbl.co.za
  • Finansies/Rekeninge : admin@agbl.co.za
  • Klerebank : fin@agbl.co.za
  • Sportorganiseerder : sport@agbl.co.za

Koshuise

  • Huis Môreson
    Superintendent: 072 726 3959
  • Matrone: 072 330 7662
  • Huis Muller
    Superintendent: 082 224 5473
  • Matrone: 083 472 3464
  • Huis Awie
    Superintendent: 027 482 2252
  • Matrone: 083 377 9957

Straatadres

Augsburg Landbougimnasium, President Brandstraat 1, Clanwilliam, 8135

Posadres

Augsburg
Landbougimnasium, Posbus 34, Clanwilliam, 8135

© Kopiereg - Augsburg Landbougimnasium. All regte voorbehou.

Bestuur deur StormTank