Augsburg-plaas vorm deel van Augsburg Landbougimnasium. Dit is ‘n kruis kulturele laer- (215 leerders) en hoërskool (330 leerders).
Die skool bedien leerders vanaf Namibië, Namakwaland, Weskus, Swartland, Namakwaland en Sentrale Karoo.
‘n Groot area van Suidelike Afrika word dus deur die skool bedien. Normale akademiese- en landbouvakke word hier aangebied.
Die plaas word dan ook as ‘n basis gebruik om vir die landbouleerders praktiese landbou ervaring te gee.
Hierdie skool is ook baie betrokke by Jeugskou en sy leerders maak jaarliks ongeveer die helfte van die Wes-Kaap Jeugskouspan uit.
Augsburg-plaas grootte: 1660ha
4.1ha Pinotage en Chardonnay
Merino skape: 104 ooi en 33 vervangens ooie
Dorper skape: 45 ooie en 22 vervangens ooie
20.5ha (Washingtons,Bahianinha, Midnights,Eureka,Nadorcott)
2 – 6ha per jaar
Angora Bokke: 18
Boerbokke: 21
Melk bokke: 32
Weidings onder besproeiing: 6ha
Droe land weidings: 30ha
Tonnel: Kan 30 000 boompies groot maak
Ons missie op die plaas is om binne die volgende 5 jaar die plaas in ‘n model plaas te ontwikkel. Sodoende kan die leerders eerstehands ondervind hoe die nuutste tegnologie werk. Nog ‘n groot rede hoekom ons strewe om ‘n plaas staan te maak wat regtig winsgewend is, is om die skool asook breër gemeenskap te help om opleiding nog beter te kry.
Totale uitbreidings moontlikhede onder besproeiing: ±120 ha.
Ons is tans besig met sitrus uitbreidings wat defnitief die inkomstekant binne ‘n paar jaar dramaties gaan verander.
Die plaas het regtig hope potensiaal vir verdere uitbreidings op kultivars soos wyn druiwe, sitrus en droog druiwe (korente)
In die tegniese klas benodig ons basiese toerusting, bv. beter buigmasjien, sweismasjiene.