Huis Môreson is op 6 Mei 1949 ingewy en was bestem vir die seuns van Hoërskool Clanwilliam. Vanaf 2004 is dit die tuiste van alle Laerskool leerders – seuns en dogters.
Môreson kan 60 leerders huisves.
Waarom is Huis Môreson die Beste in die Weste?
- Die eetsaal/studiesaal is toegerus met dakwaaiers wat sorg dat die leerders die warm somersdae oorleef.
- Die koshuis is omhein en het ook ‘n elektriese skuifhek vir ekstra veiligheid.
- Alle vensters het diefwering en die buitedeure het veiligheidshekke.
- Die leerders van Gr. 4 tot Gr. 7 studie onder toesig en ekstra hulp word met liefde aangebied.